ONS GEE OM
wat ons doen
Tweede kans het in 2015 ontstaan met die doel om die las op families en bejaardes te verlig. Ons voorsien kospakkies aan gesinne as ook bejaardes wat dit nodig mag kry.

Ons besluit op n area en kommunikeer met die welsyn in die area oor waar die behoefte le en ook hoe groot die behoefte aan hulp is ons gebruik ook sosiale media om te bepaal waar die nood is.

Ons kantoor is in Brakpan maar ons deel landswyd uit. Ons reis die land vol om by die behoeftiges uit te kom. Ons hoof doel is kospakkies maar ons wyk ook somtyds van dit af as ons sien die nood is groot op ander gebiede soos byvoorbeeld om kinders te help met skool benodighede wat dit ook regtig nodig het.

Aan hawelose mense voorsien ons voedsel wat klaar voorberei is dit het al gegaan van n brood, blikkie vis en n melk want ons besef dat hulle ook hulp nodig het maar nie hulle voedsel kan stoor nie.

WAT DIE MEDIA OOR ONS BERIG

MAROELA MEDIA