Getuienis

Ek vertel julle graag bietjie meer van my. My naam is Marlien van der Westhuizen en ek is pas 33 jaar oud.

Ek woon tans in Centurion, Gauteng en skryf vir ‘n lewe. Ek wil graag my passie vir woorde en my liefde van God gebruik om ‘n verskil in die wêreld te maak.

Ek het Tweede Kans begin omdat ek tans in ‘n wag-periode is. Ek wag rustig (soms minder rustig) vir God om n wonderwerk in my lewe te doen.

Hoewel ek nie op die stadium wil uitbrei oor die wonderwerk nie, glo en vertrou ek dat God ‘n verandering in my lewe gaan bring. Wanneer dit gebeur, is julle die eerstes wat sal weet.

Intussen skryf ek vir julle. Hoopvol dat God my sal gebruik om hoop te bring en om mense te herinner dat daar altyd ‘n tweede kans is.

Niemand het ooit te ver gegaan nie. Niks is ooit te veel nie.

God is goed.

God is liefde.

Ek nooi julle ook uit om vir my terugvoer te gee.